YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 2 OF 365

Die wysheid word in die tweede plek bevestig deur die ervaring van mense soos ouers en ander gelowige rolmodelle, wat die pad met die Here stap. Dit sluit mense in soos jou pa, jou ma en ander gesagsfigure. Jy moet dus ook na hulle luister om wysheid te bekom. Wysheid — van God en van rolmodelle — is vir die pa soos ‘n vrou wat roep en op wie jy jou ore fyn moet instel (Spreuke 1:20-33). Hierdie metafoor word ook in ander wysheidstradisies gebruik. Dink byvoorbeeld aan Atene en Minerva, die simbool van wysheid in onderskeidelik die latere Griekse en Romeinse tradisies. Minerva is baie keer met ‘n uil uitgebeeld. Lees hierdie gedeelte dus as ‘n belofte dat jy insig, wysheid en onderrig sal ontvang as jy in ontsag en ontvanklikheid vir God se leiding lewe en luister na wyse rolmodelle. Bid dat die Here self jou oë al hoe meer vir wysheid in sy Woord en in mense wat daarvolgens lewe, sal oopmaak.
Day 1Day 3

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy