YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Wapenrusting Van GodSample

Die Wapenrusting Van God

DAY 8 OF 8

GEBED Onthou julle die drie redes hoekom ons God se Wapenrusting moet aantrek? 1) IDENTITEIT: Wanneer ons dan in oorlog staan, staan ons in die outoriteit en identiteit van ons Koning, Jesus Christus. 2) SELFVERTROUE: Wanneer ons God se wapenrusting aantrek, dan ontwikkel ons moed en vrymoedigheid. 3) STANDVASTIGHEID: God wil sien dat Sy kinders opstaan en staande bly. Vandag kyk ons na die laaste deel, van die wapenrusting, nl. gebed. Ek weet jy gaan nou vir my sê, " maar dit is nie klere wat ons kan aantrek soos die ander dele van die wapenrusting nie. " Ek verstaan dat dit nie deel is van ons uitrusting nie, maar dit is die deel wat die volheid van die wapenrusting saamvat. Soos die parfuum wat jy aanspuit nadat jy aangetrek het. Gebed verseker dat alles afgerond is en lekker ruik. Wat help dit ons het die hele wapenrusting aangetrek, maar ons staan nooit tyd af aan die Een wie se wapenrusting dit is nie. Om die dele van die wapenrusting te gebruik moet ons vra dat die Heilige Gees ons help. Doen alles deur gebed en smeking. Dit is nie net ‘n gebed wat jy opskiet nie, maar dit is gebed wat in die hart gevorm word en gekommunikeer word aan God. Ons Vader. "Net soos gesonde eetgewoontes en oefening, is gebed een van daardie dinge wat ons weet ons veronderstel is om te doen, maar tog nie by uitkom nie. Wat as ons leer om gebed anders te sien? Gebed hoef nie net nog 'n verpligting te wees nie. Dit kan vol vreugde wees as ons leer om met ons Vader wat ons liefhet, te gesels." – Greg Surratt – Ek weet nie van julle nie, maar wanneer ons praat van gebed is daar hierdie skuldige gevoel wat soms oor ‘n mens kom. Ons voel baie keer skuldig oor die feit dat ons te min bid, of nie bid met gevoel en ywer nie. Soms voel ons selfbewus omdat ons nie sulke mooi woorde soos ander mense gebruik nie. Hierdie skuldgevoelens kom ook nie altyd van die duiwel af nie. Ons plaas onsself onder druk omdat ons 'n prentjie het van gebed waarby ons nooit gaan uitkom nie. Gebed is nie moeilik nie. Gebed is nie werk nie. Gebed is nie iets wat ons moet doen nie. Dit is iets waarvan ons die voorreg het om te doen. Dis ‘n geleentheid om met jou hemelse Vader te praat sonder dat jy voel jy word geoordeel. Wanneer gebed uit die hart kom, dan is dit opreg en meer kragtig as uitgerekte gevleuelde woorde. Ek glo dat ons almal moet groei in ons gebedslewe en ons moenie verskonings maak hoekom ons nie bid nie. Daar moet ‘n "deurdruk en aanhou" geaardheid wees om in gebed te groei. Ons almal het begin met klein kort gebedjies wat ons as kinders op ons knieë by die bed gebid het. Namate ons aangehou bid het, het ons die woorde begin kry om meer en dieper te bid. Jesus gee vir ons ‘n paar punte wat ons moet onthou: 1\. Jou private gebedslewe is belangriker as jou openbare gebedslewe. Ons leer in ons binnekamer hoe om ons harte voor die Here oop te maak. Dit is in daardie plek waar ons oop is en eerlik voor God is. Waar ons eerlik en openlik kan wees. Dis die plek waar die enigste invloed, God, behoort te wees. Toe Jesus hierdie woorde gesê het was daar nie soos vandag tegnologie gewees nie. Die goed wat hulle aandag afgetrek het was anders. Vandag is dit ons grootste probleem. Die lus / begeerte na vermaak hou ons baie kere weg van God af. Wees doelgerig in jou gebedslewe. 2\. Gebed hoef nie ure se herhaal van woorde te wees nie. Daar is verskillende maniere van bid, waarop ek nie nou sal ingaan nie, my doel is om jou te wys dat gebed lekker kan wees en dat gebed deel is van jou geestelike groei. Praat met die Here oor wat in jou hart is en wat op die oomblik in jou lewe aangaan, bid vir die mense om jou en bid dat die Woord van God in en deur jou lewe sal vloei. God antwoord gebede, dit maak nie saak hoe lank jy bid nie, maar of jy vanuit jou hart bid. Maak gebed deel van jou wapenrusting. Bid sonder ophou en vertrou dat God elke gebed hoor. Die vyand is bang vir mense wat bid. Dis hoekom hy jou gebedslewe aanval en wil hê dat jy moet dink gebed help nie. Gebed verander sake. Hou aan bid. Moenie ophou nie. Druk deur en sien hoe die Here jou gebed beantwoord.
Day 7

About this Plan

Die Wapenrusting Van God

Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n p...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy