YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Wapenrusting Van GodSample

Die Wapenrusting Van God

DAY 1 OF 8

INLEIDING TOT DIE WAPENRUSTING In hierdie reeks gaan ons 'n bietjie kyk na die wapenrusting wat die Here vir ons gee. Dit is belangrik om te onthou dat die wapenrusting deur God gegee word. Dit is nie iets wat ons kan verskaf of uitdink nie. Dit is vir almal — en pas almal. Wanneer ons kyk na die storie van Dawid en Goliat, het koning Saul gesê Dawid moet sy wapenrusting aantrek. Daar is drie dinge wat ons moet verstaan van 'n wapenrusting. 1) Die koning se wapenrusting was van sterker en duurder metaal gemaak om die beste beskerming te bied. 2) Die koning se wapenrusting het anders gelyk as dié van soldate. Die identiteit van die koning kon herken word aan sy wapenrusting. 3) Dawid reageer nadat hy Saul se wapenrusting aangetrek het met die volgende woorde. “Ek is nie gewoond hieraan nie”. Dit verg oefening om met wapenrusting te loop, wat nog te sê om daarmee oorlog te voer. Die beweging met wapenrusting aan, is iets wat jy moet inoefen. Dus, wanneer ons na die Wapenrusting van God kyk, wil ek hê ons moet hierdie drie punte in gedagte hou. Ek hoor so baie mense sê hulle trek die wapenrusting aan, en ons behoort almal, maar verstaan ons die gevolge daarvan in ons lewens? Verstaan ons waaroor dit werklik gaan? Dit is nie iets wat ons aantrek om soos ‘n winkelpop in die venster te staan nie. Die wapenrusting is ‘n aktiewe deel van ons lewe. Dit is iets wat ons elke dag deel moet maak van ons lewe en wat ons elke dag moet beoefen. Oor die volgende ag dae gaan ons onsself voorberei om geoefen te wees in die wapenrusting van God. Wanneer Paulus met die kerk in Efese praat, herhaal hy hierdie woorde aan hulle: "TREK DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD AAN." Hoekom? SODAT ONS KAN STAANDE BLY TEEN DIE AANVALLE VAN DIE VYAND. God se hart vir ons is om staande te bly. God wil hê dit moet goed met ons gaan. (Romeine 8:28) Onthou Dawid en Saul se verhaal? So baie mense probeer verskillende opsies en luister na verskillende opinies, maar daar is net Een met wie ons geklee kan wees: JESUS CHRISTUS. Paulus gee vir ons drie redes hoekom ons God se wapenrusting moet aantrek. 1) Want dit is sterk genoeg om die vyand teen te staan. Ons kan nie teen die vyand veg sonder God se wapenrusting nie. 2) Wanneer jy die wapenrusting van God aantrek en uitleef, gaan jy die identiteit van God ook uitleef en mense om jou sal sien dat jy ‘n seun of dogter van God is. Wanneer ons dan oorlog voer, doen ons dit in die Naam van Jesus. Met gesag. Geklee met Christus. 3) Wanneer ons tyd met God deurbring, groei ons selfvertroue en ons verhouding met Hom, eers dan gaan ons makliker oorwinning behaal want ons weet waartoe ons in staat is. Dus, die wapenrusting is dan nie net iets wat ons aantrek met woorde in gebed nie. Maar daar is verskillende dele van ‘n wapenrusting waarin ons geoefen moet wees. Hierdie week gaan ons die wapenrusting van God in ‘n hele nuwe lig sien en beleef. Kyk na die wapenrusting nie met oë van hoe ek dit moet aantrek nie, maar hoe ek dit moet uitleef.
Day 2

About this Plan

Die Wapenrusting Van God

Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n p...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy