YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Wapenrusting Van GodSample

Die Wapenrusting Van God

DAY 5 OF 8

DIE SKILD VAN GELOOF Onthou julle die drie redes hoekom ons God se Wapenrusting moet aantrek? 1) IDENTITEIT: Wanneer ons dan in oorlog staan, staan ons in die outoriteit en identiteit van ons Koning, Jesus Christus. 2) SELFVERTROUE: Wanneer ons God se wapenrusting aantrek, dan ontwikkel ons moed en vrymoedigheid. 3) STANDVASTIGHEID: God wil sien dat Sy kinders opstaan en staande bly. Daar is seker al duisende boeke oor hierdie onderwerp van geloof geskryf is en dit is seker een van die gewildste onderwerpe wat vandag in die wêreld bespreek word. Geloof is iets wat ek en jy elke dag beleef en elke dag moet uitleef. Ons almal loop na ‘n stoel en gaan sit sonder om eers ondersoek in te stel. Ons het geloof dat die stoel ons gewig gaan hou. Geloof is so 'n klein deeltjie in ons lewe dat wanneer dit groei kan dit ‘n groot boom word en mure verskuif. Geloof moet beoefen word om groter in ons lewens te word. Geloof is die belangrikste deel van ons verhouding met God. Hoe gaan jy ooit sonder geloof glo dat God werklik bestaan? Heb. 11:6 As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon. Ons kan God nie ervaar sonder geloof nie. Geloof is wat vir ons die vermoë gee om God beter te leer ken en ook om in sy teenwoordigheid te staan. Die vyand weet dit. En die vyand wil glad nie hê dat ons God enigsins moet ervaar nie. Daarom begin Paulus sy skrywe met die volgende: Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Sonder geloof in God gaan ons nie waarheid, geregtigheid of vrede ervaar nie. Daarom is geloof baie belangrik in ons lewe. Geloof in ons lewe kan elke versoeking weerstaan wat die vyand na ons toe stuur. Wanneer jou geloof in God sterk is, dan het jy die vermoë om die versoekings te weerstaan. Wanneer ons geloof in God huiwerig is, dan swig ons makliker voor die sonde wat om elke hoek en draai lê en wag. Geloof is ook ‘n aksie-woord wat ons in staat stel om te beweeg soos wat God wil hê ons moet beweeg. Geloof sonder werke is dood. Baie mense het goeie voornemens. Ons praat maklik en sê vir mekaar wat ons voornemens is, maar goeie voornemens het nog niks goeds gedoen nie . Sodra dit gesê of gedink is, bly dit in die lug hang totdat ons oorgaan tot aksie. Geloof sonder werke is dood. Mag jou dag gevul wees met geloof sodat wanneer die vyand met sy aanvalle en versoekings kom, jy standvastig kan bly staan.
Day 4Day 6

About this Plan

Die Wapenrusting Van God

Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n p...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy