YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Wapenrusting Van GodSample

Die Wapenrusting Van God

DAY 3 OF 8

BORSWAPEN VAN GEREGTIGHEID Onthou julle die drie redes hoekom ons God se Wapenrusting moet aantrek? 1) IDENTITEIT: Wanneer ons dan in oorlog staan, staan ons in die outoriteit en identiteit van ons Koning, Jesus Christus. 2) SELFVERTROUE: Wanneer ons God se wapenrusting aantrek, dan ontwikkel ons moed en vrymoedigheid. 3) STANDVASTIGHEID: God wil sien dat Sy kinders opstaan en staande bly. Die borswapen van geregtigheid is die item wat die kern van jou hele wese beskerm teen elke geestelike aanval. Die borswapen bedek jou belangrike organe. Dit beskerm alles wat jou aan die lewe hou. Ons trek die borswapen van geregtigheid aan deur te vertrou op wat God in Jesus vir ons gedoen het. Geregtigheid is die feit dat jy goed genoeg is om deur God ontvang te word, dit is 'n geskenk wat aan ons gegee word, nie iets wat jy ooit self sou kon verdien nie. Geregtigheid kom deur Jesus en word gegee aan ons wat Hom volg. Ons word geklee met geregtigheid. Net soos die borswapen die hart en die longe beskerm, so beskerm hierdie geregtigheid alles waarop die mens se geestelike bestaan gevestig is. Jou hele geestelike lewe word gebou op geregtigheid. Hoe kan ek hierdie geregtigheid deel maak van my lewe? Soos ek vroeër genoem het, ontvang ons hierdie geregtigheid deur Jesus Christus. Die manier hoe ons Jesus deel maak, is deur GELOOF. Abraham het nooit gewankel in sy geloof van God se belofte nie. In werklikheid het sy geloof sterker geword, en daarin het hy God verheerlik. Hy was heeltemal oortuig daarvan dat God in staat is om te doen wat Hy ook al beloof. En weens Abraham se geloof het God hom as regverdig beskou. As Paulus praat van die "geregtigheid van God" en "geregtigheid", verwys hy na ons verhouding met God, die feit dat ons nou in 'n nuwe en regte verhouding met Hom staan. Dit word verkry deur ons geloof in God en die werk wat Jesus aan die kruis gedoen het. Die dra van hierdie geregtigheid skep 'n leefstyl, om dit wat ons in ons harte glo, toe te pas. Namate ons lewens ooreenstem met die beeld van Christus, word ons keuses regverdiger, en hierdie Goddelike keuses beskerm ons ook teen verdere versoeking en misleiding. Die borswapen verseker ook integriteit in ons lewe. Om die borswapen van geregtigheid aan te trek, moet ons eers besef dat die borswapen van geregtigheid net soos met al die stukke geestelike wapenrusting aan God behoort. Ons almal maak foute en in onsself gaan ons nie geregtigheid behaal nie. Daar is net een manier om in geregtigheid te leef, en dit is deur Jesus Christus. Ons kan nie die borswapen van geregtigheid verdien of koop nie. Dit is 'n geskenk van God, aan enige iemand wat in Jesus glo. Sodra ons die geregtigheid van God ontvang het, moet ons sorg dat ons dit aantrek en uitleef. Geregtigheid hou ons gesond en sterk soos soldate van Jesus Christus, sodat ons in geestelike oorlogvoering teen goddelose magte kan veg. Leef 'n lewe van geregtigheid deur geloof in Jesus Christus. Hy is ons geregtigheid.
Day 2Day 4

About this Plan

Die Wapenrusting Van God

Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n p...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy