YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 9 OF 365

Die pa werk in sy onderrig steeds met die idee van twee paaie. Die pad van goddeloosheid en losbandigheid eindig in die dood. Die pad van opregtheid en integriteit lei na die lewe. Dit het aan die een kant te doen met die soort mense na wie jy moet luister, veral na gesagsfigure en rolmodelle in jou lewe wat goeie mense is; regverdig, opreg en onberispelik (Spreuke 2:1, 9, 20 en 21). Sulke mense moet jy uitkies, na hulle luister en hulle navolg. Natuurlik sluit dit ook mense in na wie jy nie moet luister nie : mense wat verkeerde dinge verkondig (Spreuke 2:12), mense wat die regte paaie verlaat (Spreuke 2:13), mense wat slegte dinge doen en wie se paaie krom is (Spreuke 2:14-15), sowel as die “slegte vrou” wat ’n simbool van enige buite-egtelike verhouding is en natuurlik ook op ’n “slegte man” van toepassing is (Spreuke 2:16-19). Aan die anderkant sluit die inhoud wat Spreuke aanbeveel ook dinge in waarna jy moet luister. Let op hoe Spreuke nie net ’n eenmalige luister na die wysheid aanbeveel nie, maar ’n onderskeidende proses om jou in te span om te verstaan (Spreuke 2:2) en om insig en gesonde begrip ( gesonde verstand ) te soek (Spreuke 2:2). Maar Spreuke wil ook hê dat die lewenstyl van mense wat hierdie inhoud uitleef, nagevolg moet word: eerlikheid – Spreuke 2:7, onberispelikheid – Spreuke 2:7, 21; getrouheid – Spreuke 2:8; regverdigheid en billikheid – Spreuke 2:9,20; oordeelkundigheid en verstandigheid – Spreuke 2:11; goedheid – Spreuke 2:20; opregtheid – Spreuke 2:21. Dit is die inhoud van die soort wysheid wat nagevolg moet word. Só stel jy self natuurlik ook ’n voorbeeld vir ander om na te volg.
Day 8Day 10

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy