YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 361 OF 365

Dit val 'n mens op hoe die boek Spreuke omraam word deur die pa in gesprek met sy seun (hoofstukke 1 tot 9) aan die begin van die boek, en dan die ma in gesprek met haar seun (hoofstuk 31) aan die einde van die boek. Dit wys nie net hoe ewewigtig die boek aanmekaar gesit is nie, deur metafories aan albei ouers se onderrig aandag te skenk, maar ook hoe noodsaaklik beide ouers se onderrig en leiding in ‘n kind se lewe geag word. Dit is opvallend hoe die ma juis haar seun se onderskeidingsvermoë oor vrouens wil opskerp, maar op ‘n ander manier as wat die pa vroeër gedoen het. Waar die pa baie uitgebrei het oor hoe vreeslik dit is om in die hande van die vreemde vrou te val (in drie al hoe langer en uitgebreide gedeeltes), en min gesê het oor die waarde van die regte vrou, doen die ma dit andersom. Sy is duidelik oor wie hy moet vermy, maar doen dit kort en kragtig in twee verse (Spreuke 31:2-3). Sy sê net dit is ‘n vermorsing van sy krag. Hy het beter dinge om te doen. Sy is eintlik meer bekommerd oor drank, as oor die vreemde vrou, want dit rig erge skade aan. Sy gebruik drie keer meer verse daarvoor (Spreuke 31:4-9) as om oor die vreemde vrou uit te brei! Let ook op hoe sy haar onderrig verbind aan ‘n gelofte wat sy oor haar kind afgelê het, ‘n verbintenis aan hom wat sy voor die Here gedoen het. Haar onderrig is deel van haar manier om dié gelofte na te kom. Die probleem van drank word uitgespel in terme van vergeetagtigheid ten opsigte van die wet, en die minagting van die regte van minderbevoorregtes (Spreuke 31:5). Drank daarenteen is vir dié wat besig is om onder te gaan, dié wat swaar ly, want as hulle drink vergeet hulle van hulle armoede en moeilikheid (Spreuke 31:6-7). Die koning moet nooit van hulle nood vergeet nie, en daadwerklik iets daaraan doen.
Day 360Day 362

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy