YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Wie jy isSample

Wie jy is

DAY 4 OF 4

Dag 4 Ek het onlangs twee keer min of meer dieselfde droom gedroom: Ek is by ‘n bal. Ons is in ‘n paleis, almal deftig aangetrek vir die swierige geleentheid. Die diensknegte kloek om my en wil die heeltyd weet wat hulle kan doen om my te behaag. Hoe meer ek verduidelik dat ek regtig niks nodig het nie, en net ‘n gas by die geleentheid is, hoe meer vra hulle wat ek benodig of wat hulle vir my kan doen. Die volgende oomblik kom ek tot die besef: Ek is die koning se vrou! Ek is al die tyd die koningin by die geleentheid. Nie ‘n gas nie, maar die gasvrou en mede-eienaar van die paleis en koninkryk! Ek word wakker en gesels dadelik met God oor die droom. Dalk het ek een té veel prinsesfliek gekyk, want ek hou van ‘n storie met ‘n goeie einde! Maar toe hoor ek dadelik die Heilige Gees se fluistering: “Jy is nie net ‘n gas nie. Jy is myne. Jy is deel van my adelstand. Neem jou outoriteit op.” Tranerig het ek my Bybel oopgemaak en  hierdie lieflike woorde oor my gees laat spoel: Die Gees wat julle ontvang het, is nie ’n Gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader. Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is. En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid. (Romeine 8:15-17) Toe is jy al die tyd ‘n koninklike Kosbare vrou, toe is jy nie nét geliefd nie! Behalwe vir die wonderlike wete dat God jou na Sy beeld geskape het, met Sy asem in jou, is jy boonop nog adellik ook. ‘n Koninklike! Eintlik kan jy loop met ‘n lekker houding van “weet jy wié ek is?” Dis immers nie net gewone bloed wat deur jou are vloei nie. Dit is adellike bloed wat in jou are bruis, vanaf die dag toe jy ‘n nuwe mens geword het en Jesus as die koning van jou lewe ingenooi het. Jy is die erfgenaam van ‘n koning. Dit maak jou koninklik. As jy jou gedagtes vernuwe met hierdie wonderlike nuus, sal dit jou lewe vir altyd verander! Kom ons raak prakties: \- Skryf vir jou ‘n paar gunsteling verse neer wat jou sal herinner dat jy God se erfgenaam en geliefde is. Plak dit iewers in jou huis of kantoor, waar jy dit gereeld sal sien, en lees dit sommer hardop om jouself daaraan te herinner. \- Kyk vir jouself in die spieël met oë van genade! As jy weer verby die spieël loop, talm ‘n rukkie en vertel vir jouself watter mooi prinses jy is. God s’n! \- Vier jou vrouwees! God het jou uniek, interessant, beeldskoon en delikaat gemaak. Jy is die kroon van Sy skepping! Gebed: Dankie, koning Jesus. Dankie dat U my gekies het en my U erfgenaam gemaak het. Dankie Vader dat U my as mens, net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak het en my kroon met roem en eer. Dankie dat ek beeldskoon, gesond en gelukkig kan wees omdat U my nuut gemaak het. Ek ís toe ‘n koningin – en dit nogal in die régte lewe! Ek onderwerp net weer elke dag en my toekoms aan U almagtige hand. Ek vertrou U, Here. U weet altyd wat die heel beste vir my lewe is. In die naam van Jesus. Amen.
Day 3

About this Plan

Wie jy is

Dit is so maklik om onsself te verloor. Ons sien perfekte modelle in tydskrifte, het ‘n konstante stryd met die skaal en moet saamleef met die verwagtings wat almal (en onsself) aan ons stel. Dit word dan soms die dinge ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy