1
MATTEUS 7:7
Afrikaans 1983
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word
Compare
Explore MATTEUS 7:7
2
MATTEUS 7:8
want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
Explore MATTEUS 7:8
3
MATTEUS 7:24
“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.
Explore MATTEUS 7:24
4
MATTEUS 7:12
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
Explore MATTEUS 7:12
5
MATTEUS 7:14
Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
Explore MATTEUS 7:14
6
MATTEUS 7:13
“Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie.
Explore MATTEUS 7:13
7
MATTEUS 7:11
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
Explore MATTEUS 7:11
8
MATTEUS 7:1-2
“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
Explore MATTEUS 7:1-2
9
MATTEUS 7:26
En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het.
Explore MATTEUS 7:26
10
MATTEUS 7:3-4
“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog?
Explore MATTEUS 7:3-4
11
MATTEUS 7:15-16
“Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?
Explore MATTEUS 7:15-16
12
MATTEUS 7:17
Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.
Explore MATTEUS 7:17
13
MATTEUS 7:18
'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie.
Explore MATTEUS 7:18
14
MATTEUS 7:19
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Explore MATTEUS 7:19
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos