Matteus Matteus 7

Matteus 7
Jesus eindig Sy preek op die berg
1Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
2Want met watter oordeel julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
3En waarom sien jy die splinter wat in jou broer se oog is, maar let nie op die balk wat in jou eie oog is nie?
4Of hoe sal jy vir jou broer sê: Laat my die splinter uit jou oog uitruk; en kyk, daar is 'n balk in jou eie oog?
5Geveinsde, werp eers die balk uit jou eie oog uit; en dan sal jy duidelik sien om die splinter uit jou broer se oog uit te gooi.
6Gee nie wat heilig is vir die honde nie, en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, dat hulle dit nie onder hulle voete vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
7Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
8Want elkeen wat vra, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
9Of watter man is daar onder julle wat, as sy seun brood vra, vir hom 'n klip sal gee?
10Of as hy 'n vis vra, sal hy vir hom 'n slang gee?
11As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid?
12Daarom, alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen, want dit is die wet en die profete.
13Gaan in deur die nou poort, want wyd is die poort en breed is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
14Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
15Pasop vir die valse profete wat in skaapsklere na julle toe kom, maar van binne roofsugtige wolwe is.
16Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Pluk mense druiwe van dorings, of vye van distels?
17Net so dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n bedorwe boom dra slegte vrugte.
18'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom kan ook nie goeie vrugte dra nie.
19Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en in die vuur gegooi.
20Daarom sal julle hulle aan hulle vrugte ken.
21Nie elkeen wat vir my sê: Here, Here, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie; maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
22Baie sal in daardie dag vir my sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer nie? en in u Naam duiwels uitgedryf het? en in u Naam baie wonderwerke gedoen?
23En dan sal Ek aan hulle bely: Ek het julle nooit geken nie; gaan weg van My, julle wat ongeregtigheid doen.
24Daarom, elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n wyse man wat sy huis op 'n rots gebou het.
25En die reën het neergedaal, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis geslaan; en dit het nie geval nie, want dit was op 'n rots gegrond.
26En elkeen wat hierdie woorde van my hoor en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
27En die reën het neergedaal, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis geslaan; en dit het geval, en sy val was groot.
28En dit het gebeur, toe Jesus hierdie woorde beëindig het, was die mense verstom oor sy leer.
29Want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid